Artikels in die Kuns & kultuur Kategorie
Beeldende kuns: Kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaar Chris Diedericks droom in swart en wit, praat in beelde en bevraagteken die werklikheid. Hy is pas terug van sy kunstenaarsverblyf by die Frans Masereel-sentrum in Kasterlee, België en ‘n ander droom wat vir hom waar geword het, is sy eerste boek The feather room – ’n koffietafelboek van sy [...]
Karin Miller is ’n visuele wese en raak liries oor kaal wintertakke en gesigte agter toonbanke. Haar kunswerke is vol geheime, verrassings, ritme en stories. ’n Skatkis vol nostalgie, tragedie en humor. ’n Borduurlap van vrese en drome. ’n Magspel tussen orde en chaos.
Sy droom. En in haar droom sweef sy bo die mis wat silwerig om die boomtoppe van die oerwoud sliert. Die rolprent Avatar het min mense koud gelaat. Gaan kyk maar op die internet. Dit wemel van forums waarin hierdie rolprent bespreek, geanaliseer, gekritiseer en geprys word. Daar is selfs ’n forum geskep om diegene [...]
Dit is amper of Neels van Jaarsveld feitlik oornag die teaterwêreld oorrompel het, tog is hy al ’n hele paar jaar doenig om onoortreflike vertolkings te lewer. Maar dis veral Klipdrift se “eisj”-advertensie wat van hom almal se liefling gemaak het.
Sy het amper die mure van haar huis ’n paar jaar gelede met eiergeel geverf. Ek was verstom. Hoeveel eiers sou sy moes gebruik? Moenie verstom wees nie kind, maak toe jou mond, dis Merwelene!
’n Gedenkboek in Spaans oor die Afrikaners in die wilde suide van Argentinië het André Pretorius op reis laat gaan om dié mense op te spoor, en die boek is saam terug …
In Roger Ballen se foto’s tree dié kunstenaar-fotograaf tegelykertyd ook as regisseur op. Hy stel sy tonele op, maar laat ook toe dat onverwagte dinge gebeur sodat sy komposisies gelyktydig spontaan en ikoonagtig lyk. Deur Bettie Lambrecht.
’n Kaal man op ’n fiets rits verby. Die son bák en op die eerste dag loei die wind behoorlik oor die vlaktes. Op pad in verwelkom advertensieborde jou en verklaar: “Verbeelding is belangriker as kennis” – glo iets wat ’n grys ou man van Princeton gesê het. Die bekroonde fotograaf John Hogg het die Afrika Burns-fees in prentjies gaan vaslê – spesiaal vir DEKAT se kultuuruitgawe. Só ’n eiesoortige geleentheid doen hom immers net een maal per jaar voor …
Gebore en getoë in die noorde van Namibië met ’n ingebore aanvoeling vir die kunste (grootoupa Geater was ’n argitek, oupa Hall ’n fotograaf en ma Dawn ’n skilder) het Dahla Hulme ook kuns met fotografie as hoofvak in Georgia, Amerika, bestudeer.
Haar skilderye beeld die emosionele ervaringe in die siklus van ’n vrou se lewe uit.



