Artikels in die In die uitgawe Kategorie
WikiLeaks, die onafhanklike webwerf wat in 2007 begin is om onetiese gedrag deur korporasies en regerings wêreldwyd te ontmoedig deur gelekte dokumente aanlyn te publiseer, is dalk net die teenvoeter vir die ANC-regering se voorgestelde wysigings aan die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, skryf Jesse Walker. Artikel verskaf deur featurenet.co.za
Die herontwaking van NALN. NALN, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, in Bloemfontein was amper bokveld toe. Gelukkig het die Erfenisstigting betyds ingegryp.
Brand Pretorius, uitvoerende hoof van McCarthy Limited, is nie net ’n motor- en gesinsman nie, maar ook ’n warm en ruimhartige omgeemens.
Top 10 spa’s
Daar’s die see, die berg, die wyn … Maar die Kaap is ook ’n top spa-bestemming met spa’s wat koning kraai as dit by die wen van pryse kom. Hier is ons keuse van die Kaap se beste tien spa’s.
Kaapstad se hoofkwartier
Die luukse More Quarters Hotel naby Kloofstraat in Kaapstad troon bo die gewone uit met ’n besielde grasie wat sag op die sintuie is.
Vreemde paaie
’n Vakansie hoef nie altyd dieselfde te wees nie. Melanie Tait skryf kyk verby die versiersuiker en verveling van gewone bestemmings of uitstappies. Kyk verby Tafelberg en ’n sonsondergang. Soek die unieke, soek die fantasie.
Die Noordwes-Universiteit se tolkdiens is vernuwend, kreatief en prysenswaardig. Ander universiteite in die land en selfs skole begin nou ook daarmee eksperimenteer, skryf Melanie Tait.
Zefmusiek is vir die tieners wat Zoid vir die twintigplussers was. Die Antwoord is die nuwe generasie se Voëlvry. Of is dit? En is die zefgeit ’n rebelse reaksie teen oordrewe Calvinisme? Of ’n slim bemarkingsfoefie wat die dollars laat inrol? Ilse Salzwedel het probeer uitvind.
In die oprit wag ’n ou pienk Cadillac ook sy beurt af. ’n Wasgoeddraad vol props wapper in die skraal windjie. En op ’n opvoustoeltjie langs die prefab-muur sit cooler-as-ekke Jack Parow (28) en kamma-tokkel op ’n rooi speelgoedkitaartjie. Sy selfoon lui wild en wakker en almal vra sy handtekening. Tussendeur probeer Wilma de Bruin [...]
Draai vye, nektariens of aarbeie in prosciutto of Parma-ham toe en bedien dit op ’n groot bord as ’n vingerhappie saam met sjampanje. Goeie, onopgesmukte kos maak van ’n luilekker somersmiddag in Hermanus ’n onvergeetlike ervaring, skryf Suzette McKerron.



