DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » Artikels

Die mens vs. die aarde

Geplaas deur op 15.01.10Een Kommentaar

mens-vs-aarde
Vra ’n mens vir die man in die straat of hy glo in mensgemaakte aardverwarming sê die meerderheid ja want hulle lees
dit in die media en buitendien sê hul gesonde verstand vir hulle dit is so.

Elf uit die twaalf jaar in die tydperk (1995-2007) tel onder die twaalf warmste jare op die instrumentele rekord (sedert 1850 tot die einde van die Klein Ystydperk).

Verwarming het in die afgelope 100 jaar ’n toename van ongeveer 0,74 ºC in wêreldgemiddelde temperatuur veroorsaak en dit sal waarskynlik in die 21ste eeu met ’n verdere 1,1 tot 6,4 ºC styg. Daar is bepaal dat die uitwerking van stedelike hitte-eilande ’n weglaatbare invloed (minder as 0,0006ºC per dekade oor land en nul oor oseane) op hierdie syfers het.

Waarnemings sedert 1961 toon dat die oseaan meer as 80 persent van die hitte wat tot die klimaatstelsel bygedra is, geabsorbeer het en dat oseaantemperature tot by dieptes van minstens 3 000 m toegeneem het.

Gemiddelde Arktiese temperature het in die afgelope 100 jaar teen amper dubbel die wêreldgemiddelde koers toegeneem.
Dit is waarskynlik dat kweekhuisgasse meer verwarming sou veroorsaak het as dit nie was vir die verkoelende uitwerking van vulkaniese uitbarstings en chloorfluoorkoolstof (CFC) nie. Die gemiddelde temperature gedurende die tweede helfte van die 20ste eeu in die Noordelike Halfrond was heel waarskynlik hoër as gedurende enige ander 50-jaar-tydperk in die afgelope 500 jaar en waarskynlik die hoogste in ten minste die afgelope 1 300 jaar (’n tyd naby die begin van die Klein Ystydperk).
Berggletsers en sneeubedekking het in albei halfrondes afgeneem.
Daar word geprojekteer dat see-ys in die Noordpool sowel as die Antarktika sal krimp. Volgens sommige voorspellings sal die Arktiese laatsomer-see-ys teen die einde van die 21ste eeu geheel en al verdwyn het.
Verlies van die landgebaseerde yslae van Groenland en Antarktika het heel waarskynlik tot ’n styging in die seevlak tussen 1993 en 2003 bygedra.
Oseaanverwarming veroorsaak dat seewater uitsit, wat tot ’n styging in die seevlak bydra.
Die seevlak het tussen 1961 en 2003 teen ’n gemiddelde koers van ongeveer 1,8 mm/jaar gestyg. Die styging in die seevlak tussen 1993 en 2003 was teen ’n gemiddelde koers van 3,1 mm/jaar. Dit is nie duidelik of hierdie ’n langtermyn-tendens is of bloot ’n veranderlike is nie. Gebaseer op rekenaarmodelle word daar verwag dat seevlakke van 18 cm tot 59 cm sal styg.
Dit is baie waarskynlik dat daar ’n toename sal wees in die voorkoms van warm weer, hittegolwe en swaer reënval.
Dit is waarskynlik dat daar ’n toename sal wees in areas wat deur droogte, intensiteit van tropiese siklone (wat orkane en tifone insluit) en die voorkoms van uitsonderlike hoë getye geraak word.
Die skeptici Huidige voorspellings van katastrofiese aardverwarming word nie deur die wetenskaplike bewyse ondersteun nie. Dit is gebaseer op teoretiese rekenaarmodelle oor die klimaat wat nie vertrou kan word nie en wat nie deur die bestaande klimaatrekord as geldig bewys word nie.
Die nie-regeringspaneel oor klimaatsverandering (NIPCC) sê in sy verslag Nature, not human activity, rules the climate dat natuurlike oorsake baie waarskynlik die oorheersende oorsaak (van aardverwarming) is.
“Ons sê nie dat mensgemaakte kweekhuisgasse nie ’n mate van verwarming kan veroorsaak nie. Ons gevolgtrekking is dat die bewyse toon dat dit nie ’n beduidende rol speel nie. Die aarde se klimaatstelsel is onderworpe aan veranderende invloede van buite die aarde self, wat nie so goed verstaan word nie en nie beheer kan word nie.”
Die NIPCC se verslag sê: Bewys van verwarming is nie bewys dat die oorsaak antropogenies (mensgemaak) is nie. Aardverwarming voor 1940 was nie mensgemaak nie.
Rekenaarmodelle is onbetroubare aanduidings van toekomstige klimaatstoestande. Huidige rekenaarmodelle neem nie die waargenome son-“verdoffing” en “verheldering” ná 1985 in ag nie, is nie ’n akkurate model van die rol van wolke nie of simuleer nie ’n moontlike negatiewe terugvoer van waterdamp nie en verduidelik nie die baie kenmerke van die aarde se waargenome klimaat nie.
Die styging in seevlak word nie beduidend deur die toename in kweekhuisgasse beïnvloed nie.
Die data oor seehitte-inhoud is misbruik om mens gemaakte verwarming “te bewys”. Die rol van kweekhuisgasse in die gemelde toename in oseaan-temperature is grootliks onbekend.
mens-vs-aardeDie mens se kennis van die atmosferiese koolstofdioksied is onvolledig.
Die wêreldtemperatuurrekord is onbetroubaar. “Ons het tekortkominge van oppervlaktedata, beïnvloed deur stedelike hitteeilande en deur die swak verspreiding van landgebaseerde waarnemingstasies gedokumenteer. Data van oseane, wat 70 persent van die aarde bedek, is ook onderworpe aan onsekerhede.
Die enigste ware globale waarnemings kom van weersatelliete, en hulle het sedert 1998, vir die afgelope 10 jaar, geen
verwarmingstendens aangedui nie.”
Die rol van die son se invloed op die klimaat kan nie verder geïgnoreer word nie.
] Hoër konsentrasies kweekhuisgasse sal waarskynlik vir plant- en dierelewe en menslike gesondheid meer voordelig wees as laer konsentrasies.
Ter afsluiting sê die NIPCC: “Dit is jammer dat die openbare debat oor klimaatsveranderinge, aangevuur deur die foute en oordrywings wat in die IPCC se verslag vervat word, so ver van wetenskaplike waarheid afgedwaal het. Dit is ’n verleentheid vir die wetenskap dat bohaai rede vervang het in die wêreldwye debat oor ’n kwessie wat so belangrik is.”

Be Sociable, Share!

Een Kommentaar »

  • Rob Moen gesê:

    Vir die lesers wat belangstel in die onderwerp “klimaatverandering” en ‘n bietjie Nederlands kan lees: http://www.climategate.nl. Baie interessant en informatief.

Lewer kommentaar!

Voeg jou kommentaar onder die artikel by of vanaf jou eie webtuiste. Jy kan ook op hierdie kommentaar skryf in deur RSS.

Speel mooi, hou dit skoon. Bly op die onderwerp. Geen gemorspos.

Jy kan van die volgende gebruik maak:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Hierdie is 'n Gravatar-geaktiveerde webblog. Vir jou eie internasionaal erkende avatar, registreer asseblief by Gravatar.