Feestelike Frankryk
Geplaas deur admin op 13.05.10Geen Kommentaar

Daar was nog so ’n paar minute oor voordat ek weer die monsieur agter die toonbank kon gaan bydam, en ek het ’n koffietjie bestel. ’n Noisette. ’n Geurige espresso met die allerkleinste skootjie room om die neutkleur te kry. Vandaar die naam.” Louis Jansen van Vuuren se Asse-flippen-blief!
Hardy se verleiding uit Feestelike Frankryk:
LAVENTELROOMYS
As jy droom van someraande in Provence, Van Gogh of Franschhoek, skep gerus ’n tweede lepel van hierdie heerlike ryk roomys. Dit ruik en smaak soos die diepste, mooiste Limousin in die lente.
BESTANDDELE
- 1 liter melk
- ’n handvol vars laventelblomme
- 8 eiergele
- 100g strooisuiker
METODE
- Bring die melk, met die laventelblomme daarin, stadig tot kookpunt en roer, sodat die laventelolie in die melk kan oplos.
- Klits die eiergele en suiker totdat die kleur daarvan verbleek.
- Wanneer die melk kook, gooi deur ’n sif by die eier en suikermengsel in en roer goed deur. Sit terug op ’n lae hitte terwyl jy konstant vir so 3 tot 5 minute roer. Dit is net om die eier gaar te maak, maar pas op dat dit nie kook nie, want dan skif dit.
- Laat afkoel en vries in jou roomysmasjien.
- Vir ’n sorbet, kook ’n stroop van die blomme, suiker en ’n liter water. Laat afkoel, sif, en vries in jou roomysmasjien met ’n skeut jenewer.












Lewer kommentaar!