Biltongslaai
Geplaas deur admin op 15.01.10Geen Kommentaar
60g fetakaas
25ml olyfolie
12,5ml gekapte grasuie
Botter- of langblaarslaai
125g dun gesnyde biltong, verkieslik met ‘n vetlagie
1 groot of 2 klein, ryp avokados
12,5 ml appelasyn
50g pekanneute of okkerneute, grofgekap
Boontjiespruite soos beskikbaar (nie meer as ‘n handvol per porsie nie)
Sous:
2 hardgekookte eiergele wat deur ‘n sif gedruk is (50g)
12,5 ml suurlemoensap
25 ml water
5ml witwynasyn
5 ml sterk mosterd
10 ml heuning
50 ml olyfolie
25 ml sonneblomolie
10 ml sesamolie
12,5 ml geroosterde sesamsade
Sout na smaak
- Berei die slaaisous voor en verkoel tot benodig.
- Meng die eiergeel, suurlemoensap, water, asyn en heuning.
- Meng die drie olies en roer stadig by die eiergeelmengsel
om ‘n sagte pasta te kry. - Voeg die sesamsade by, proe en gooi sout oor. Die sous
sal skop hê! - Maak die slaai.
- Meng die fetakaas, olyfolie en grasuie.
- Sit die blare op individuele borde of in ‘n slaaibak en haal
die sous uit die yskas om oor die blare te drup. - Krummel die feta-mengsel bo-oor.
- Halveer die avokados en verwyder die steen. Skil en sny.
Smeer asyn bo-oor en rangskik op die blare. - Sit die biltong op en strooi die neute en spruite bo-oor.
Meng effens en bedien onmiddellik.












Lewer kommentaar!