Miss Sophie en James op die klein kassie
Geplaas deur Louise van Wingerden op 23.11.10Geen Kommentaar
James: Sherry with the soup, yes… Oh, by the way, the same procedure as last year, Miss Sophie?
Miss Sophie: Same procedure as every year, James.
Die Suid-Afrikaanse weergawe van die bekende Britse komedie-skets, Dinner for One, is op DVD en is gister op 22 November by Bob Rocks in Greenside bekendgestel. Akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster steek die draak met hierdie Britse kultustreffer met Miss Sophie en huiskneg James as hoofkarakters. Next Music stel met tots die DVD bekend wat Dinner for One en die bonus parodie, Dinner for One, Too insluit. Dinner for One se regisseur is Andre Stolz en Dinner for One, Too is onder regie van Johan Engelbrecht. Kyk uit vir die DVD by jou naaste musiekwinkel, dis skreeusnaaks!












Lewer kommentaar!