Eksklusiewe fotosessie met Nikon en Abigail Betz House of Couture
| Wanneer kreatiewe sappe saamvloei, inspireer elke eindproduk en ’n fantasieverhaal ontvou deur ’n kameralens.
Dit is presies wat gebeur het toe Nikon in Suid-Afrika en Abigail Betz, internasionaal erkende couture mode-ontwerper hul kreatiewe kragte vir ’n eksklusiewe DEKAT-fotosessie saamgesnoer het. Die opdrag was om weg te breek van die norm en unieke en moderne beelde met lig te skep. Abigail, wat sinoniem is met romanse en uitmuntende vakmanskap se droomrokke vir die fotosessie is van die Abigail Betz House of Couture se Herfs-/ Winterreeks 2011. Die tema van die fotosessie is ’n jukstaposisie van lig en donker en Protea Fire & Ice!-hotel in Melrose Arch met sy kontemporêre gesig was die perfekte agtergrond vir die sexy fotosessie. Ander komponente wat die eindprodukte afgerond het, was die model se hare en grimering wat in ’n byderwetse, neutrale styl gedoen is om ’n futuristiese eenvoud aan te dui waarheen die Abigail Betz House of Couture beweeg. Oor die fotosessie sê Tobi Ginsberg van Volume Photography: “Ek verwonder my altyd aan die gehalte en detail wat die Nikon D3x produseer in skadu én helder lig – dis ’n fenomenale kamera vir mode-fotografie.” Spesiale dank aan die Protea Fire & Ice!-hotel in Melrose Arch, Profoto, Michelle van MAC Cosmetics, Eloise van Xpertease Professional Hair en Bailey van Boss Models Johannesburg. |












Lewer kommentaar!