DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » In die uitgawe

Agtien maande in Pakistan

Geplaas deur op 2.09.11Geen Kommentaar

In die Ou Stad, kom ’n mal wandelaar, vuil en toiingrig, voor die kamera poseer. Hy ruk sy piep uit en skud dit na die kamera en maak grom- en kwettergeluide. Deur  Ryno Sauerman

7 Augustus

In die middag raak dit donkerblou buite, en dan kom die reën soos ’n lokval, in geweldige sarsies. Dit raak eers stilletjies grys, dan donker, en dan bars dit los. Die reën bring verlossing. Vroue met sambrele agter op motorfietse. Ou mans in shalwar kameez (pofbroeke gemaak van ligte katoen – ’n tradisionele uitrusting vir mans en vroue in Pakistan en Afganistan) met bloedrooi gehennade hare en baarde. ’n Wit Brahmaanbul trek ’n wa met ’n swaar vrag hout, en twee seuns lei ’n trop donkies deur die verkeer.

Ek het vanoggend hier in Lahore aangekom om by die Internasionale Skool onderwys te gee. Bernie, die hoof, het my by die lughawe kom haal en my hier na my nuwe tuiste geneem, in Jehangir Khan-straat, St. John’s Park. My huis is massief: ’n dubbelverdieping met vier slaapkamers, twee balkonne en  marmervloere. In my kamer bly ’n koggelmandertjie met bultende swart oë. Hy lê groot afstande af en skuil agter spieëls en portrette. Hy rek sy nek soos ’n kameelperd om sy muskietprooi beter te sien voor hy op hulle afpeil. Ek sal hom haiduk (skurk) noem, want hy laat my aan ’n struikrower dink.

Ek ontmoet my huiswagte, Aziz en Jawetsja, en Jamil (Jimmy) Barkat, my kok. Aziz is ’n afgetrede sersant-majoor van Kasjmir. Hy is klein gebou, saggeaard, met silwerblink hare. Hy dra ’n kakie-uniform, maar daar is niks militaristies omtrent hom nie. Jimmy, in sy veertigs,  het ’n dik snor en ruie wenkbroue. Jawetsja is die nagwag, ’n skaam, stil  man in ’n verbleikte swart shalwar kameez. Hy is ’n Pataan – ’n stam wat in Noord-Pakistan en Afganistan woon, Die strate hier in St. John’s Park is lowergroen, met rubberbome, en bougainvillea en hibiskus wat swaar oor die heinings hang. Dis warm-bedompig, met luide voëlgetjirp.

Met sonsondergang eet die gesin oorkant die pad aandete onder ’n boom in hul agterplaas. Die wêreld is nat en vars van die reënbui.

Lees meer in die nuutste DEKAT.

Be Sociable, Share!

Lewer kommentaar!

Voeg jou kommentaar onder die artikel by of vanaf jou eie webtuiste. Jy kan ook op hierdie kommentaar skryf in deur RSS.

Speel mooi, hou dit skoon. Bly op die onderwerp. Geen gemorspos.

Jy kan van die volgende gebruik maak:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Hierdie is 'n Gravatar-geaktiveerde webblog. Vir jou eie internasionaal erkende avatar, registreer asseblief by Gravatar.