DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » Artikels

Cappuccino op Heroldsbaai

Geplaas deur op 22.01.10Geen Kommentaar

Heroldsbaai

Dit was doodstil op Heroldsbaai, ’n klein vakansieplekkie naby George. Op Oukersdag het die vakansiegangers en inwoners stomgeslaan gestaan en toekyk hoe stadige skuimbranders hoër as vier meter majestueus breek. So iets het hulle nog nooit gesien nie.
Inwoners moes hul huise vinnig ontruim en na hoër verdiepings vlug, motoriste moes blindelings deur die skuim ry, terwyl die roomyskarretjies en Chip ’n dip-waentjies
onder die spierwit stank verdwyn het. Fotograwe wou die “wonderwerk” vaslê en het van oral oor na die strand gestroom, wat al van die vorige oggend vieruur gesluit was weens die “natuurramp”, soos die pessimiste dit bestempel het. Maar hoe beskryf mens so ’n
oorweldigende wit massa wat ’n hele dorp kan verswelg?
Die verwondering van die mense en die opmerklike stilte wat die strand oorheers het? ’n Reuse-klitser het oornag die see omgeroer, want daar was geen teken van blou water in sig nie. Met my kamera het ek in die wit skuim ingehardloop, min wetend hoe diep dit was en hoe hoog die branders was. So in vervoering met die skepping was ek nog nooit – tot ek moes vlug vir die roombrander wat vinniger as wat mens dink op my afgekom het. Dieper as borshoogte kon ek nie en het toe net verstom gestaan en kyk hoe die sagte brander soos watte op my toesak, tjoepstil.
Die Brandweermanne van George het deur die nag die skuim wat toe al ’n slegte klankie ontwikkel het, skoongespuit, net sodat die mense weer saam met hul gesinne Oukersaand kon vier. Die aand het almal op hul balkonne gestaan terwyl die brandweermanne aankondig: “Mense! Bring julle families en vriende, musiek en ’n drankie of twee, dis die skuimpartytjie van die jaar!”

Be Sociable, Share!

Lewer kommentaar!

Voeg jou kommentaar onder die artikel by of vanaf jou eie webtuiste. Jy kan ook op hierdie kommentaar skryf in deur RSS.

Speel mooi, hou dit skoon. Bly op die onderwerp. Geen gemorspos.

Jy kan van die volgende gebruik maak:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Hierdie is 'n Gravatar-geaktiveerde webblog. Vir jou eie internasionaal erkende avatar, registreer asseblief by Gravatar.