Jy word dopgehou
Geplaas deur Louise van Wingerden op 11.05.12Geen Kommentaar
Die lewe in George Orwell se roman 1984 het so vergesog geklink, maar ons leef vandag in ’n samelewing wat nie ver daarvan is nie. Dophou-kameras om elke hoek en draai en mikroskyfies in kledingstukke en selfs in jou kredietkaart laat die gevaarligte flikker. Is dit al te laat om die horlosie terug te draai? Individue moet baie versigtig wees oor hoeveel inligting hulle deel en met wie. Dit sluit in om versigtig te wees om vir nuwe aanlyndienste te registreer en wie jy nooi om jou profiel en inligting op webtuistes soos Facebook, Linked In en Plaxo te besoek, skryf Heather Dugmore. Lees meer in die nuutste uitgawe van DEKAT.











