DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » Dagboek

‘n Visuele fees

Geplaas deur op 11.05.12Geen Kommentaar

Le Grand Cirque keer terug met ’n nuwe turbo-gelaaide vertoning wat van die mees ekstreme uitvoerings in die wêreld bevat. Le Grand Cirque – Adrenalien is ’n asembenemende visuele fees van die gevaarlikste, mees vermaaklike en spannende Cirque-vertonings, gekombineer met fisieke komedie en toertjies wat vaardigheid en behendigheid vereis. Hulle spog met ’n uitgesoekte rolverdeling van 35 ekstreme atlete van regoor die wêreld.

Aanskou vir die eerste keer in Suid-Afrika die senutergende Bol van die Dood wanneer drie waaghalsige motorfietsryers in ’n reusehok rondjaag en verwonder jou aan ’n identiese tweeling wat hul lywe krul in ongelooflike toertjies. Een van die wêreld se beste lugartieste, Kanada se David Bonneville, spog met sy indrukwekkende krag en ratsheid in “Ekstreme lugbande”, en natuurlik sal geen Le Grand Cirque-vertoning volledig wees sonder die lewensgevaarlike en angswekkende “Wiel van die noodlot” – die gevaarlikste sirkustoertjie wat daar is – nie. Le Grand Cirque is uitspattig en betowerend. Dit sal die verbeelding van die hele gesin aangryp. Vanaf 23 Mei by die Joburg Theatre. Besoek www.joburgtheatre.com

Be Sociable, Share!

Kommentaar is nou gesluit.