Nerina Ferreira oorlede
Geplaas deur Louise van Wingerden op 12.06.12Geen Kommentaar
Nerina Ferreira, die bekende aktrise en vertaler van weleer, is in die ouderdom van 90 oorlede.
Hierdie formidabele vrou en kleinkind van oudpresident Steyn, is so talentvol en interessant dat ’n mens maar net in verwondering aan haar vol lewe kan dink.
Nerina Ferreira was benewens vertaler en verwerker van wêreldliteratuur vir die Afrikaanse teater en die SAUK ook ’n aktrise en radioregisseur. Sy het in die harte van Afrikaanse lesers, radio-luisteraars en TV-kykers gekruip en het onder meer Hergé se nimlike Tintin as Kuifie Afrikaans laat praat. Sy het ook Pippie Langkous Afrikaans laat praat.
Sy is gister net ná 17:00 in Seepunt, Kaapstad, oorlede.











