Agter elke Paula
Van die televisieskerm tot die verhoog – Diaan se lys van teaterproduksies is ellelank. Sy het in meer as 16 toneelstukke opgetree waarvan die onlangste in Stephen Simm se Under the fig tree by die Baxter saam met haar (toe nog nie) verloofde Jody Abrahams was. Maar neem asseblief kennis – hierdie is maar net die begin van Diaan se stories. Haar loopbaan op die kleinkassie het in 2001 afgeskop, met ’n CV wat musiekvideos, advertensies en aanbieding op Kyk-Net insluit. In 2002 het Diaan die rol van Merle in Egoli vertolk en die jaar daarna was dit Mienkie in Backstage. Maar toe kom die groot een as me. Lawrenson. Met haar reguit blonde hare het sy in 2003 haarself in elke Suid-Afrikaner se sitkamer tuisgemaak met haar rol as Paula in die populêre Afrikaanse sepie 7de laan. Hier is Diaan soos julle haar nog nooit tevore gesien het nie. Die eksklusiewe foto’s is geneem deur die bekroonde fotograaf Merwelene van der Merwe.
Deur Carina van Heerden Konsep en stilering Elzilda Becker Foto’s Merwelene van der Merwe Fotografiese assistent Jarred Wassink Fotoherwerking Marijke Willems Agtergrondontwerp Karin Miller Grimering Mark Boss Uitrustings en stilering Louw Coetzee Skoene Jimmy Choo Kouse Metropolitan Haarstilering Tracy-Lyn Lewis Logistiek Petro Smit en Suretha Booysen Model Diaan Lawrenson
- Paula met die DEKAT-amuletarmband

















Ek dink Paula … Diaan ..is eenvoudig “fantasmagories ” Ek sien my dogter in haar. Ook blonde hare en ‘n borrelende persoonlikheid ! maar water moeder sal nie haar dogter in so ‘n pragtige engelagtige …mooi mens wil sien nie ! soms dink ek haar skoonheid kom nie tot sy volle reg in sekere produksies nie.( ek het net nie genoeg woorde om Paula… Diaan te beskryf nie )
my man moes ‘n “PVR” dekodeerder aanskaf want ek kyk sewende laan en pappa wil die olimpiese spele op dieselfde tyd kyk…. vir vredes onthalwe moes hy toe die aankope doen.Ek kon net eenvoudig nie ‘n episode mis nie !
Die rede vir my skrywe is omdat ek ‘n vriendin se dogter ( wat Diaan se bedrywighede en loopbaan merkwaardig vind en as inspirasie vir haar eie lewe gebruik.) graag wil bederf met haar matriek afskeid wat REGTIG nie finansieel instaat is om dit self te doen nie. Sy is ‘n sprankellende jong blonde dogter met ‘n borrelende ge aardheid en verdien bietjie om soos ‘n prinses bederf te word. Is daar enige moontlikheid om by u aan te klop vir raad of hulp in die verband ?
Haar matriek afskeid is in September.
Lewer kommentaar!