DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » In die uitgawe

Agtien maande in PakistanEighteen months in Pakistan

op 2.09.11Geen Kommentaar

In die Ou Stad, kom ’n mal wandelaar, vuil en toiingrig, voor die kamera poseer. Hy ruk sy piep uit en skud dit na die kamera en maak grom- en kwettergeluide. Deur  Ryno Sauerman

7 Augustus

In die middag raak dit donkerblou buite, en dan kom die reën soos ’n lokval, in geweldige sarsies. Dit raak eers stilletjies grys, dan donker, en dan bars dit los. Die reën bring verlossing. Vroue met sambrele agter op motorfietse. Ou mans in shalwar kameez (pofbroeke gemaak van ligte katoen – ’n tradisionele uitrusting vir mans en vroue in Pakistan en Afganistan) met bloedrooi gehennade hare en baarde. ’n Wit Brahmaanbul trek ’n wa met ’n swaar vrag hout, en twee seuns lei ’n trop donkies deur die verkeer.

Ek het vanoggend hier in Lahore aangekom om by die Internasionale Skool onderwys te gee. Bernie, die hoof, het my by die lughawe kom haal en my hier na my nuwe tuiste geneem, in Jehangir Khan-straat, St. John’s Park. My huis is massief: ’n dubbelverdieping met vier slaapkamers, twee balkonne en  marmervloere. In my kamer bly ’n koggelmandertjie met bultende swart oë. Hy lê groot afstande af en skuil agter spieëls en portrette. Hy rek sy nek soos ’n kameelperd om sy muskietprooi beter te sien voor hy op hulle afpeil. Ek sal hom haiduk (skurk) noem, want hy laat my aan ’n struikrower dink.

Ek ontmoet my huiswagte, Aziz en Jawetsja, en Jamil (Jimmy) Barkat, my kok. Aziz is ’n afgetrede sersant-majoor van Kasjmir. Hy is klein gebou, saggeaard, met silwerblink hare. Hy dra ’n kakie-uniform, maar daar is niks militaristies omtrent hom nie. Jimmy, in sy veertigs,  het ’n dik snor en ruie wenkbroue. Jawetsja is die nagwag, ’n skaam, stil  man in ’n verbleikte swart shalwar kameez. Hy is ’n Pataan – ’n stam wat in Noord-Pakistan en Afganistan woon, Die strate hier in St. John’s Park is lowergroen, met rubberbome, en bougainvillea en hibiskus wat swaar oor die heinings hang. Dis warm-bedompig, met luide voëlgetjirp.

Met sonsondergang eet die gesin oorkant die pad aandete onder ’n boom in hul agterplaas. Die wêreld is nat en vars van die reënbui.

Lees meer in die nuutste DEKAT.

In the Old City a crazy traveler, dirty and in rags, approached the camera to pose for a pic. He pulled out his penis and shook it at the camera, while uttering growling, chirping sounds. By Ryno Sauerman

7 August

The afternoon takes on a dark blue hue and then the rain comes pouring down in heavy sheets., It starts out quietly, in grey, then it grew darker, and then comes the cloud burst. The rain brings redemption. Women with umbrellas on the back of motorcycles. Old men dressed in shalwar kameez (knickerbockers made from a light cotton – the traditional clothing for men and women in Pakistan and Afghanistan) with hair and beards dyed blood red with henna. A white Brahman bull pulling a cart laden heavily with wood, and two boys guiding a herd of donkeys through the traffic.

I arrived in Lahore this morning to teach at the International School. Bernie, the principal, picked me up at the airport and took me to my new home here in Jehangir Khan Street, St. John’s Park. My house is massive: a double-storey with four bedrooms, two balconies and marble floors. My room has a houseguest: a small rock-lizard with protruding black eyes. He travels great distances and hides behind mirrors and portraits. He stretches his neck like a giraffe, the better to see his mosquito victims before he attacks them. For the moment I will call him ‘haiduk’ (villain), because he reminds me of a bandit.

I’m introduced to my house guards, Aziz and Jawetsja, and to Jamil (Jimmy) Barkat, my cook. Aziz is a retired sergeant major from Kashmir. He’s small in stature, gentle-natured, with shining silver hair. He wears a khaki uniform, but there’s nothing military about him. Jimmy, in his forties, has a thick moustache and bushy eyebrows. Jawetsja is the night-guard, a shy, quiet man in a faded black shalwar kameez. He’s a Patan – a tribe living in North Pakistan and Afghanistan. The streets here in St. John’s Park are vivid green with rubber trees, bougainvilleas and hibiscus trailing over the fences. The air is damp and sultry, but echoes the cheerful chirping of birds.

At sunset the family living across the street usually have their dinner under a tree in their backyard. The world is wet and fresh after the rain shower.

(Read more in the latest DEKAT. Photo: Shutterstock)

Be Sociable, Share!