Biltongslaai

60g fetakaas
25ml olyfolie
12,5ml gekapte grasuie
Botter- of langblaarslaai
125g dun gesnyde biltong, verkieslik met ‘n vetlagie
1 groot of 2 klein, ryp avokados
12,5 ml appelasyn
50g pekanneute of okkerneute, grofgekap
Boontjiespruite soos beskikbaar
(nie meer as ‘n handvol per porsie nie)

Sous:
2 hardgekookte eiergele wat deur ‘n sif gedruk is (50g)
12,5 ml suurlemoensap
25 ml water
5ml witwynasyn
5 ml sterk mosterd
10 ml heuning
50 ml olyfolie
25 ml sonneblomolie
10 ml sesamolie
12,5 ml geroosterde sesamsade
Sout na smaak

  1. Berei die slaaisous voor en verkoel tot benodig.
  2. Meng die eiergeel, suurlemoensap, water, asyn en heuning.
  3. Meng die drie olies en roer stadig by die eiergeelmengsel
    om ‘n sagte pasta te kry.
  4. Voeg die sesamsade by, proe en gooi sout oor. Die sous
    sal skop hê!
  5. Maak die slaai.
  6. Meng die fetakaas, olyfolie en grasuie.
  7. Sit die blare op individuele borde of in ‘n slaaibak en haal
    die sous uit die yskas om oor die blare te drup.
  8. Krummel die feta-mengsel bo-oor.
  9. Halveer die avokados en verwyder die steen. Skil en sny.
    Smeer asyn bo-oor en rangskik op die blare.
  10. Sit die biltong op en strooi die neute en spruite bo-oor.
    Meng effens en bedien onmiddellik.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>