DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » Agterblad

Gesoek: ’n diamant van 1 karaatWanted: a one-carat diamond

op 28.01.10Geen Kommentaar

trou

Normaalweg is jong getroudes nie so welaf soos wat hulle graag sou wou wees nie. Hulle ry nog die tipiese stu-dentedae Golfie of oorgeërfde Ford Escourt wat Oupa vir R3 000 kontant gekoop het in die tyd toe meel nog duskant verniet was.
Dit is met die aanloop na die groot huweliksdag wat jou nagmerrie as bruidegom begin. Weens jare lange bemarking word jy gedwing om ’n diamant te koop om jou liefde te betuig. ’n Gebalanseerde vloek word toegewens aan die persoon wat die frase “diamonds are forever” uitgedink het! Omdat huwelike net sowat die helfte van die tyd hou, is daar sodoende vir die diamantbedryf ’n fantastiese tweede-handse mark geskep. Amper soos selfone …
Ek onthou nog my soektog. Aanstaande vroulief wou mos toe ’n ovaal diamant hê … Nie ’n romantiese vorm soos ’n hartjie of die eerste letter van haar naam nie, o nee, ovaal! Min wetend dat ovaal een van die duurste snitte is. Min wetend dat daar verskillende groottes is. Min wetend dat daar verskillende kleure is. Min wetend dat ek my naam gaan diamantkrater maak. Kimberleygat.
Elkeen van ons ken ’n oom se vriend se verlore swaer wat iewers naby Ottosdal in die jare vyftig ’n kleim kon afsteek op soek na daardie groot een wat sy lewe sou verander. Al is die oom Wouter, soos hy bekend staan,  vandag nóg ar-mer as in die jare vyftig, sal hy kan reël vir ’n ou steentjie. Jy bel hoopvol en opgewonde. Dan kom die vrae wat jou so dom laat lyk, jy wens jy kon eerder ’n yskas koop vir jou vrou se troudag. Skuus, julle troudag.
Oom Wouter peper my met groottes: 0,5 karaat, 1 karaat, 1,34 karaat. Oom Wouter peper my met vorm: ovaal, peer, rond, prinses of hart. Net toe ek dink dis die einde, toe is dit die kleur se beurt – kleurloos, amper kleurloos, bietjie-bietjie geel, amper geel of ligte geel. En moenie dink dis die einde van die gepeper nie. Die kleur is nie naastenby so belangrik soos die helderheid nie. Helderheid word nie gemeet aan of die ding glinster soos ’n diskobal of nie, nee, dit word soos volg gemeet: F-IF, VVS1-VVS2, SI1-SI2 en dan die meesterverwarring van I1-I2-I3. Teen dié tyd wil ek vir die oom sê om maar eerder net die een wat nie meer as
R3 245 kos nie, te gee. Dit is die som van wat ek vir die Golfie, my rekenaar en ’n toaster kon kry. Verder herinner oom Wouter my vinnig dat hy nie ’n sertifikaat kan gee nie, maar hy belowe dat hy self die blinketjie uitgesif het. Wat wou, ek het nie eens geweet jy het ’n sertifikaat nodig nie. Twee sertifikate op een dag is een te veel, ’n  huweliksertifikaat EN ’n diamantsertifikaat?! Drie weke later verdwyn oom Wouter skitterend en steenloos tronk toe. Nugter alleen weet hoekom.
My volgende stap is toe maar ’n juwelier. Hier kry jy ten minste ’n sertifikaat. Ons gaan kyk saam-saam. Net voor ons instap, herinner sy my dat sy met haar 21ste ’n 0,5 gekry het. Sy ry miskien Oupa se ou Escourt, maar het ek vergeet om te sê dat haar pa 7 plase het, met skape en goed op. Hierdie besoek het ons amper deel van die 50/50 statistiek gemaak. Die deel van dié wat nooit eens die dominee se gesig gesien het nie. Van die mense wie se verlowing op die rotse beland.
My geliefde se steenkeuse was my “steen-des-aan-stoots”. Sy sien die volgende een raak: 1,521ct., K, VS2. Ovaal diamant. Gesertifiseerd. R39 900 (VAT ingesluit). My uitroep het (VAT ingesluit) in ’n verdwaasde WAT! verander. Ons eerste voor konfetti-konflik het gekom toe ek ’n amberkleurige steen voorstel. Wie trou nou met amber? Ons was amper die eerstes in die wye-wye wêreld.
Ná vele trane, ’n oproep plaas toe en ’n eensame naweek, is daar besluit om maar met die 21ste verjaardagring te trou. Oorgesit in nuwe goud en met gegraveerde name in die binnekant.
Alles het vlot verloop; die preek, die dronk seremo-niemeester, die troukoek en die foto’s. Maar niemand, niemand, niemand het vir my gesê dat die huweliksertifikaat my soveel duurder sou uitwerk as ’n diamantsertifikaat nie.
Basta, hierdie huwelik trek al op 215 karaat. Dis nou wat ek luuks noem!

(Nie ’n ware verhaal nie. My vrou het haar ovaal gekry!)
Vir eerstehandse kennis van die blink steentjies gaan na www.diamantsource.co.za

Deur Johrné van Huyssteentrou

Normally newly-wed couples aren’t as comfortably affluent as they would like to be. They still drive the Golf jalopy or hand-me-down Ford Escort that oupa bought for R3 000 cash in the days when flour cost next to nothing.
It is with the run-up to the wedding that your nightmare as groom starts. Because of years of advertising you are compelled to buy a diamond to declare your love. May the person who coined the phrase ‘diamonds are forever’ be eternally cursed.  And because marriages only last about half that long, a fantastic second-hand market for the diamond industry was created. Almost the same as cellphones…
I left no stone unturned. Future wife wanted an oval diamond… not a romantic shape like a heart or the first letter of her name, no! Oval! Little knowing that the oval is one of the most expensive cuts. Little knowing that there are different colours. Little knowing that I would make my name diamond crater. Like the hole of Kimberley.
We all know an uncle’s friend’s long-lost brother-in-law who staked his claim somewhere close to Ottosdal in the 50s, looking for that one big find that would change his life forever. Even if that uncle Wouter, as he is known, is poorer today than during the 50s, he would arrange for “just the rock”. Filled with excitement and hope, you phone. Then come the questions that leave you looking like an idiot. You start wishing that you could rather buy a fridge for your wife’s wedding. Sorry, your wedding.
Uncle Wouter fires sizes at me: 0,5 carat, 1 carat, 1,34 carat. Uncle Wouter pelts me with shapes: oval, pear, round, princess or heart. And just when I think it’s over, it’s colour – colourless, almost colourless, a little yellow, almost yellow, or light yellow. And don’t for one second believe that’s the end of the inquisition. Colour is not nearly as important as clarity. Clarity is not measured by whether the thing glistens like a disco ball. No, it is measured as follows: F-IF, VVS1-VVS2, SI1-SI2 and then the acme of confusion of I1-I2-I3. By this time I just want to tell the guy to give me one that doesn’t cost more than R3 245. That is the grand total I could get for the Golf, my computer and a toaster. To top it all uncle Wouter quickly informs me that he can’t give me a certificate, but he promises that he himself has delved this little beauty. What the hell, I didn’t even know that you needed a certificate. Two certificates on one day is too much – a marriage certificate and a diamond certificate? Three weeks later uncle Wouter disappears to jail – no lustrous jewel in sight. Heaven knows why.
Plan B is to go to a jeweller. At least here you get a certificate. We go hunting together. As we’re about to enter, she reminds me that she got a 0,5 carat for her 21st. She might be driving oupa’s old Escort, but I neglected to mention that her father owns seven farms, with sheep and stuff. This visit almost made us part of the 50/50 statistics. The 50 per cent who never even came within a stone’s throw of the preacher. The 50 per cent whose engagement boat ran hard on the rocks.
My loved one’s choice of stone was a millstone around my neck. She sees the following one: 1,521ct., K, VS2. Oval diamond. Certified. R39 900 (VAT included). My exclamation changed (VAT included) into WHAT! Our first pre-confetti conflict occurred when I suggested an amber-coloured diamond. Who gets married with amber? We were nearly the first people in history. After torrents of tears, a call to the farm and a lonely weekend, the decision was made to get married with the 21st birthday ring – set in new gold and with our names engraved inside. Everything went smoothly: the speech, the inebriated master of ceremonies, the wedding cake and the photos. But nobody, nobody told me that the marriage certificate would turn out to be so much more expensive than the diamond certificate.
Believe me, this marriage is up to 215 carats by now. That’s what I call luxury!

(Not a true story. My wife got her oval!)
For first-hand info on diamonds visit www.diamondsource.co.za

By Johrné van Huyssteen

Be Sociable, Share!