DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » Kuns & Kultuur

‘n Wispelturige kunsvorm

op 5.04.11Geen Kommentaar

Retief van Wyk, glas- en keramiek-kunstenaar van Menlopark, Pretoria, en ‘n baanbreker op die gebied van glasvorming in Suid-Afrika, is passievol oor glas. Glasvorming is een van daardie  uitsonderlike kunsvorms en is ook al so oud soos die berge.  “Dit is ‘n baie ou medium waarvoor mense al doodgemaak is omdat hulle die geheim van rooi kleur of ‘n sekere tegniek verklap het!” sê Retief. Die Tjegge verwys na glas in die vroulike vorm, met groot respek, ‘a jealous mistress’.  Retief sê dis ‘n harde, tog as gesmelt, sagte medium, helder deursigtig of vol mooi kleure. Retief  werk met glas al vir die afgelope 16 jaar en sê hy leer nog steeds elke dag iets nuuts van hierdie wispelturige medium. Sy persoonlike werkshoogtepunte sluit in: muurpanele vir Oprah se skool, glaswerk vir die ATKV en ook vir oolede skilder Robert Hodgins. (Retief het ook die boek, The ceramic art of Robert Hodgins, gepubliseer). Besoek gerus sy akademie se webwerf by www.glassforming.co.za en leer meer van glas.

Be Sociable, Share!