DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » Artikels

Wie’s De la Rey?Who is De la Rey?

op 27.01.10Geen Kommentaar

delarey

Teen die einde Januarie 2007 is reeds 100 000 CD’s van Bok van Blerk (Louis Pepler) se debuut-album De la Rey verkoop – 75 000 verteenwoordig platinum status.
Die reusagtige trefferstatus van die album is hoof-saaklik, moontlik uitsluitlik, te danke aan die titellied “De la Rey”. Koos Kombuis het, tot sy aanvanklike ontsteltenis by die eerste aanhoor van dié snit, besef “dat dit een van die beste liedjies is wat ek nog ooit in Afrikaans gehoor het”. Hierna het hy tydens sy omswerwinge gevind “hoe huge die song is”:
“Van Malmesbury tot in Mpumalanga hou Afrika-anse gesinne ‘Bok van Blerk-paarties’; aande waar-tydens daar gebraai word, bier gedink word, en die liedjie ‘De la Rey’ op repeat gespeel word, oor en oor, uur na uur na besope (?!) uur.”
“Bok van Blerk is skielik nie meer ’n musikant nie. Hy is ’n fenomeen. Hy staan vir ’n ‘idee’” – (Google Desktop, Internet).
Sean Else van Mozi-rekords, wat “De la Rey” in samewerking met sy vennoot Johan Vorster geskryf het, het die verbysterende suksesverhaal allermins voorsien en het nog minder ’n nuwe Afrikaner-bewuswording in gedagte gehad.
Maar bekendes reageer uiteenlopend op die sukses van “De la Rey De la Rey,/ Kan jy die Boere kom lei?”
Niekie van den Berg van “Sê wie”-faam het (was dit argumentsonthalwe?) die liedjie voorgestel as ’n militante, regse oorlogsverklaring. Johann Rossouw verskil hiervan: die “hoogs relevante liedjie” gaan oor ’n gebrek aan leierskap en is deel van “die wêreldwye demokrasiebeweging” wat die kommuni-kasietegnologie inspan om huidige heer-sersimbole met alternatiewe simbole uit te daag. Die simbole giet ou waarhede in nuwe vorme en gee daardeur mense nuwe energie. “Dit is presies wat ‘De la Rey’ doen deur ’n deugsame leier van die era van die gesproke woord (logosfeer) te laat herleef in die era van die oudiovisuele” (Byvoegsel tot die Die Burger, 27 Januarie)
Deon Maas verplaas “De la Rey” na die teater van die absurde met lagwekkende voorstelle oor wie die leier kan wees, aangesien De la Rey nie in die hiernamaals kan lei nie: byvoorbeeld Koos Kombuis, Steve Hofmeyr, Jake White, Graeme Smith en ’n leeulopende Robbie Wessels – die Leeu van Wes-Transvaal? (Bylae tot Burger, 16 Desember 2006).
Koos Kombuis het positief gereageer nadat hy uitgevind het dat Bok van Blerk vredeliewend en onpretensieus was en dat Generaal De la Rey eintlik ’n alternatiewe Boer was wie se ideale hy kan onderskryf.
Max du Preez skryf soos Max du Preez oor “De la Rey”: “Het ‘De la Rey’ die nuwe ‘En hoor jy die magtige dreuning’ geword? Ek dink nie so nie. Dis eintlik maar net Viagra vir adolessente puisiegesiggies en skaam-kwaad omies – dit laat hulle skielik baie viriel voel” (Byvoegsel tot Beeld, 3 Februarie).
Intussen storm die diskoers voort soos ’n destydse stormloop deur Generaal de la Rey se Boere. Beeld, 7 Februarie, bevat drie berigte oor die liedjie. Pallo Jordan, minister van kuns en kultuur, wens Bok van Blerk voorspoed toe met die liedjie, maar waarsku dat regses dit kan kaap en tot ’n “struggle song” kan maak om Afrikaanssprekendes teen die regering op te sweep. Wilhelm Jordaan, buitengewone professor in sielkunde aan Tuks, meen juis dat die liedjie onder regse kringe “die embrio van ’n nuwe militansie teen die owerheid” bevat en deur die beroep op die generaal as redder (die deugde van militarisme) “word ’n teelaarde geskep vir ’n nuwe militarisering van die manlike gees.”
Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront+, meen dat die politieke verlede van verskillende geslagte Afrikaners breedweg hul reaksies op die liedjie bepaal.
Die geslag van Verwoerd en Vorster, ouer as 55 jaar, die “What went wrong”-geslag, dink die liedjie kan die begin wees van ’n Afrikanerherlewing en die terugwen van dinge soos dit was. Die P.W. en F.W.- geslag, tussen 30 en 55: die “Boetman-geslag”, voel kwaad en misbruik en meen dat “laertrek” die fout was. Hulle is baie versigtig oor die liedjie en luister eerder na die wysie as die woorde.
Die jeug – jonger as dertig jaar – “Mandela en Mbeki se kinders” se mening volg hier onder. My artikel, lig hul reaksie toe wat grotendeels ooreenstem met Mulder se mening, wat ek daarom nie hier gaan herhaal nie.
Dirk Herman van Solidariteit is die enigste wat ’n groot groep jeugdiges – hoofseuns en -meisies, onderhoofseuns en -meisies van Afrikaanse skole – gaan ondervra het. Antwoorde wat Herman gekry het, is: “Ons soek weer ons identiteit. Ons is trots Afrikaans. Ons party in Afrikaans. Ons wag nie vir leiers nie; ons gaan iets doen. Ons beoefen ons politiek deur ons kunstenaars. Ons is klaar met die skuld-van-die verlede-issues. Ons gaan bly, maar ons gaan stry.”
Hierdie groep is volgens Herman: “’n Jong geslag wat anders dink, ’n geslag wat oor die afgelope twee, drie jaar ’n heel nuwe identiteit ontwikkel het en in die woorde van een van die jeugleiers: ’n De la Rey-geslag.”
Een van hulle het gesê: “Toe Bok sing dat ons Boere is, toe besef ons self ons is Boere. Ek moet erken dat dit nogal bevrydend is om iemand te wees.” (Rapport, 28 Januarie)
Prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK benadruk: “ … dat die oproep wat in die lied vervat is, die versugting weerspieël na ’n jong en lewenskragtige identiteit …” Volgens Goosen is die “De la Rey-geslag” in pas met “die toe-eiening van oop en demokratiese identiteite” wat ’n wêreldwye verskynsel is.
Twee vrae dring hier na vore: eerstens, vanwaar die verowerende gewildheid van die liedjie “De la Rey”?
En tweedens: wie was dié De la Rey waaroor dit hier gaan?
Luister jy na die liedjie “De la Rey”, sy vloeiende, maklike melodie, sy woorde, Bok van Blerk se voor-drag daarvan en kyk jy na die begeleidende video, dan helder ’n deel van sy trefkrag reeds op.
Die liedjie laat deur ’n hoogsgelade woordekern en ’n aantal flitsende beelde ’n heroïese en waardige fase van die Afrikanergeskiedenis herleef, terwyl baie Afrikaners onder post-apartheid
eintlik onder die persepsie van ’n misdadige Afrikanerverlede gebuk gaan of in ’n gevoel van geskiedenisloosheid ontsnap.
Dink maar:
“En my huis en my plaas tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang …
“Want my vrou en my kind lê in ’n kamp en vergaan”.
Maar nog meer as die woorde roep die beelde Boere se epos van leed en stryd ter wille van vry-heid voor die gees. Afrikaners herontdek daarin ’n edele, besielende geskiedenis – só anders as hul apartheidsverlede wat hulle liewers wil vergeet. Dit geld veral vir die Afrikanerjeug wat soveel te ly het onder regstellende aksie en transformasie as boetedoening vir verledeskuld waaraan hulle geen, maar geen, aandeel gehad het nie.
Tweedens: Wie was hierdie gen. de la Rey? Hoe het hy gelei? Kan hy vir Afrikaners met hul versugting na ’n leier wat hulle uit die post-apartheid woestyn kan lei, ’n rolmodel wees?
Kom ons kyk na enkele grepe uit De la Rey se rol in die Anglo-Boereoorlog
Tydens ’n geheime sitting van die Volksraad aan die vooraand van die Anglo-Boereoorlog was De la Rey een van ses lede wat teen die oorlog gestem het. Toe pres. Kruger tydens die voorafgaande debat die lede wat teen oorlog gepraat het, as lafaards bestempel het, het De la Rey verklaar dat hy hom deur die besluit van die meerderheid sou laat lei en gesê: “U sal my in die veld aantref nadat u en die spul wat met hul monde veg, lankal gevlug het.” En De la Rey het inderdaad tot die bitter einde geveg!
In November 1899 bevind die 42-jarige De la Rey hom as veggeneraal en amptelike raadgewer van die bevelhebber, genl. Piet Cronjé, aan die Wesfront waar die burgers met die beleg van Kimberley besig was.
De la Rey het met sy geniale militêre aanleg en aanvoeling vir militêre posisionering ’n nuwe strategie ontwerp teen ’n massiewe aanval deur lord Methuen, wat enige dag verwag is. Piet Cronjé, die senior bevelvoerder op die Wesfront, wou dat die Boere met die oog op goeie uitsig in die Magersfonteinrante stelling inneem. Daarteenoor het De la Rey gemeen dat loopgrawe in die Magersfonteinvlaktes gegrawe moes word aangesien die rante ideale teikens vir die verwoestende vyandelike kanonne sou wees. De la Rey het M.T. Steyn na die front ontbied en dié Vrystaatse president het De la Rey se strategie goedgekeur.
Die loopgrawe is dus in die vlaktes gegrawe en meesterlik gekamoefleer. Die Britte, deels as gevolg van swak spioenasie, het bly glo dat die Boere in die rante stelling ingeneem het en op 10 Desember met die grootse kanonnade tot sover in die geskiedenis daarteen losgetrek. Op 11 Desember het die Berg-skotte onder luit-genl. Wauchope hulle met die eerste oggendskemer onwetend trompop in die Boere-loopgrawe vasgeloop en is hulle eenvoudig deur akkurate Mauservuur afgemaai. Wauchope self het met sy lewe vir die vergissing betaal.
De la Rey, wat die skitterende Boereoorwinning moontlik gemaak het, het self nie aan die Slag van Magersfontein deelgeneem nie. Sy 19-jarige seun Adriaan is in die voorafgaande Slag van Modderrivier dodelik geword, terwyl De la Rey self deur ’n bomskerf in die skouer getref is en afwesig was om sy wond te laat behandel.
Toe die hordes Britte die Republieke oorstroom het, het ’n gesamentlike republikeinse krygsraad in September1900 besluit om stellingsgevegte te staak, in kleiner kommando’s te verdeel, tot ’n guerrilla-oorlog oor te gaan en verkieslik in gebiede te gaan opereer waarmee hulle bekend is. De la Rey is as assistant-kommandant-generaal aangewys om die kommando’s in Wes-Transvaal te lei. In hierdie hoed-anigheid het De la Rey die Wes-Transvaalse kom-mando’s gereorganiseer, die burgers gemotiveer en honderde van hulle wat moedeloos wapens neergelê het, tot die stryd teruggebring en selfs teruggedwing.
Nadat die Britse magte feitlik die hele Wes-Transvaal beset het, het De la Rey sedert die laaste maande van 1901 ’n briljante terugvegpoging aangevoer. De la Rey – die meester strateeg – het toegesien dat sy militêre inligting akkuraat was, sy kans afgewag totdat hy swakplekke in die vyand se posisie en bewegings geïdentifiseer het, die beskikbare kommando’s dan blitssnel saamgeroep en toegeslaan. Sy grondige terreinkennis van Wes-Transvaalse gebiede het byge-dra tot die posisionering van die kommando’s wat die vyand gewoonlik van drie kante aangeval het sodat hulle nie kon ontsnap nie.
De la Rey het sy onverskrokke en gevreesde stormjaagtaktiek tot ’n kuns ontwikkel wat van hom dié ruitergeneraal van die oorlog – en die Britte daar-by ingereken – gemaak het. Die perderuiters is in gelid, ongeveer drie tree uitmekaar, opgestel, die terrein is so gekies dat hulle tot op die laaste vir die vyand onsigbaar was en dan het hulle al skietende uit die saal op die paniekbevange Britte afgejaag. Met hierdie taktiek het De la Rey die Britte op 25 Februarie 1902 in die Slag van Ysterspruit ’n gevoelige slag toegedien.
Lord Methuen, opperbevelhebber van die Britse magte, wou Ysterspruit wreek. Op 6 Maart 1902 het hy met ’n saamgeflanste mag van 1 300 man by Tweebosch kamp opgeslaan, onderweg na Rooi-rantjiesfontein 40 kilometer suidwes van Lichten-burg, waar hy by ’n berede mag van 1 500 man onder Kekewich sou aansluit met die doel om De la Rey in die pan te hak.
Methuen se magte het op 7 Maart omstreeks drie-uur die oggend in twee konvooie in beweging gekom: die voetgangers en ossewaens eerste; gevolg deur die berede hoofmag van perderuiters en muilwaens.
Die kommando’s onder De la Rey het altesaam uit 750 berede burgers bestaan.
Genl. Van Zyl het met sy kommando die konvooie periodiek van agter af aangeval terwyl De la Rey hulle van voor ingewag het. De la Rey, haarfyn op die hoogte met Methuen se bewegings, het sy burgers in gelid opgestel. Hulle het rustig voortgery. Toe hulle oor die bult by Palmietfontein kom, het hulle Methuen se magte gewaar en De la Rey se burgers het nou die bevel van hul offisiere gekry om te storm.
Die Boereskutters het ’n paniekbevange vyand afgemaai. Toe hulle tussen Methuen se berede mag injaag, het laasgenoemde eenvoudig die hasepad gekies. Tweebosch het die kroon gespan op De la Rey se skouspelagtige oorwinnings.
Vier Britse offisiere en 64 manskappe het gesneuwel en 111 man is gewond. Die getal krygsgevangenes, gewondes ingesluit, was 859. Onder die reuse-buit van waens, karre, osse, perde en muile was ses kanonne met ammunisie waarvan een reeds in die Slag van Tweebosch gebruik is om ’n aantal Britte, wat die veekraal doodsveragtend verdedig het, tot oorgawe te dwing.
Aan Boerekant is agt dood en 26 gewond. Trouens, in al die gevegte wat De la Rey gewen het, het die Britse verliese dié van die Boere veelvoudig oortref ondanks die feit dat die Boere in bestormings oop en bloot was.
De la Rey het lord Methuen in sy bobeen gewond by ’n muilwa aangetref. Ds. J. F. Naudé, vader van Beyers Naudé, het as tolk opgetree, terwyl die twee generaals al tergende aan ’n woordgeveg deel-geneem het. Daarna het dr. Rennenkampf van die Boereambulans en Methuen se persoonlike dokter Methuen se wonde verpleeg.
Nonnie de la Rey, genl. Koos se vrou sedert 1876, wat al rondswerwende regdeur die oorlog uit die Kakies se hande gebly het, het die gewonde Methuen besoek wat ’n flou verskoning aangebied het vir die verbranding van haar plaashuis: De la Rey kon daarin geskuil en dit as fort gebruik het. Nieteenstaande die ellende wat sy en die Boerevroue as gevolg van Methuen se optrede verduur het, het Nonnie vir hom ’n gebakte brood en ’n geslagte hoender gestuur.
De la Rey het die gewonde Brit met dieselfde verrassende menslikheid behandel. Die burgers wou gehad het dat Methuen gevange gehou en verhoor moes word, maar De la Rey het hulle oorgehaal dat die generaal in sy eie rytuig en vergesel van sy eie dokter na Klerksdorp gestuur sou word waar hy die beste behandeling kon ontvang.
Tweebosch het gelei tot ’n lewenslange vriendskap tussen Methuen en De la Rey.
De la Rey het self nooit ’n geweer gedra nie, maar sy sambok waarmee by burgers bygekom het wat in stormlope doelbewus agter geraak het, het respek afgedwing.
De la Rey was ’n rysige, forse man – 6 voet 1 duim lank, met ’n indrukwekkende patriargale voorkoms. Vriend en vyand – selfs die groot Boerevyand lord Milner – het hulde gebring aan sy dapperheid, sy militêre briljantheid, sy menslikheid en edelheid. Onder die burgers, wat hom byna verafgod en hul lewens vir hom op die spel geplaas het, het De la Rey bekend geword as die Leeu van Wes-Transvaal. Sy groot beskeidenheid en nederigheid was egter opvallend en sy diepe godsdienstigheid het bygedra tot die besondere plek wat godsdiens in die kommando’s onder sy bevel ingeneem het.
Toe Koos de la Rey besef het dat die bitter einde aangebreek het, het hy as vredemaker na vore getree, gehelp om sy groot vriend, gen. De Wet, oor te haal om nie sonder die Transvalers voort te veg nie en sy deel, ook as politikus, bygedra om die burgers en die joiners en Boer en Brit ná die oorlog met mekaar te versoen.
De la Rey, De la Rey
Sal jy die Boere kom lei?
Ja, ’n man met sulke eienskappe sal die Boere of wie ook al kán lei!delarey

At the end of February 2007, 140 000 CDs of Bok van Blerk’s (Louis Pepler) debut album  De la Rey had already been sold. The gigantic hit status of the album is mainly, possibly exclusively, due to the title song De la Rey. Koos Kombuis, to his initial shock, realised when he heard the song for the first time, “that this is one of the best Afrikaans songs I have ever heard”. Then, during his travels, he found out how huge the song really is.
“From Malmesbury to Mpumalanga Afrikaans families are having Bok van Blerk parties; evenings during which they braai, drink beer and play De la Rey on repeat, over and over again, hour after hour after sloshed hour.
“Suddenly Bok van Blerk is no longer a musician. He is a phenomenon. He represents an ‘idea’.” –  Google Desktop, Internet.
Sean Else of Mozi Records, who wrote De la Rey in conjunction with his partner Johan Vorster, definitely did not expect the amazing success story, and did not envisage a new Afrikaner consciousness.
But some celebs are reacting differently to the success of De la Rey, De la Rey/Kan jy die Boere kom lei? (De la Rey, De la Rey, can you come and lead the Boers?)
Niekie van den Berg of Sê wie-fame suggested the song was a militant, right wing, call to war (or was that only for the sake of argument?). Johann Rossouw begs to differ: the “highly relevant song” is about a lack of leadership and is part of “the worldwide democracy movement” which uses communication technology to challenge current reigning symbols with alternative symbols. The symbols pour old values into new shapes and thus give people new energy. “That is exactly what De la Rey does, by reviving a virtuous leader of the era of the written word (logosphere)
into the era of the audiovisual” (Die Burger, 16 December 2006).
Deon Maas places De la Rey into the absurd, with comical suggestions of who the leader could be, as De la Rey can’t possibly lead from the hereafter. As candidates he presents Koos Kombuis, Steve Hofmeyr, Jake White, Graeme Smith and the untamed Lion of the Western Transvaal, Robbie Wessels whose Leeuloop also caused a stir (Die Burger, 16 December 2006).
Koos Kombuis reacted positively after he had found that Bok van Blerk was peace loving and unpretentious and that General De la Rey actually was an alternative Boer whose ideals he can underwrite.
Max du Preez, as only Max du Preez can, writes: “Has De la Rey become the new ‘En hoor jy die magtige dreuning’? I don’t think so. It’s just Viagra for pimple-faced adolescents and shy/angry uncles – all of a sudden it makes them feel very virile” (Beeld, 3 February ).
In the meantime the discourse tramples forth like the erstwhile stampede by General De la Rey’s Boers: Beeld, 7 February, features three articles about the song. Pallo Jordan, Minister of Arts and Culture, wishes Bok van Blerk all the best with his song, but warns that it might be hijacked by right wingers who’ll turn it into a ‘struggle song’ to incite speakers of Afrikaans against the government. Wilhelm Jordaan, professor extraordinaire in psychology at Tuks, is of the opinion that the song, especially in right wing circles, “contains the embryo of a new militancy against the government, and by calling upon the general as saviour (the virtues of militarism) a breeding ground is created for a new militarisation of the male soul.”
Pieter Mulder, leader of the Freedom Front+, suggests that the political past of various generations of Afrikaners broadly determines their reactions to the song. The generation of Verwoerd and Vorster, those older than 55, the “what went wrong generation”, suspects that the song can be the beginning of an Afrikaner revival and the return of things to the way they used to be. The PW and FW generation – those between 30 and 55 or the “Boetman generation” – feels angry and misused and thinks that forming a laager was a mistake. They are very careful about the song and listen to the tune rather than the words.
The opinion of the youth, those younger than 30 years – “Mandela and Mbeki’s children” – follows below. My article illustrates their reaction, which largely agrees with Mulder’s opinion and which I will therefore not repeat here.
Dirk Herman of Solidarity is the only one who went to ask a huge group of youths – head boys and girls and vice-head boys and girls of Afrikaans schools. The answers that Herman received include: “We are looking for our identity again. We are proudly Afrikaans. We party in Afrikaans. We do not wait for leaders; we will do something ourselves. We practice our politics through our artists. We are over the blame-the-past issues. We will stay, but we will fight.”
According to Herman this group is “a young generation that thinks differently, a generation which, in the past two or three years, has developed a whole new identity and, in the words of one of the youth leaders: ‘A De la Rey generation’”.
One of them said: “When Bok sang that we are Boers, we realised that we are Boers. I have to admit it’s quite liberating to be someone.” (Rapport, 28 January)
Professor Danie Goosen, chairman of the FAK emphasises: “…that the calling in the song reflects the yearning for a young and lively identity…” According to Goosen the De la Rey generation is in step with “the claiming of open and democratic identities”, which is a global phenomenon.
Two questions beg answers: firstly, why the winning popularity of the song De la Rey? And secondly, who was this De la Rey of the song?
When you listen to the song De la Rey, its flowing, easy melody, its words and Bok van Blerk’s delivery, and when you watch the accompanying video, part of its impact becomes clear. The song, through its loaded words and a number of flashing images, allows the revival of a heroic and worthy phase of Afrikaner history, while many Afrikaners in post-apartheid South Africa are feeling burdened by a perception of a criminal Afrikaner past, or escape in a feeling of being without history.
Just think: “En my huis en my plaas tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang/Want my vrou en my kind lê in ‘n kamp en vergaan. (And my home and my farm are burned to ashes so that they can catch us/My wife and my child lie in a camp and die.)
But even more than the words, the images recall the Boer’s epoch of suffering and struggle for the sake of freedom. Afrikaners rediscover in this a noble, inspiring history – so different from the apartheid-past they would rather forget. This is especially true for the Afrikaner youth that suffers under affirmative action and transformation: part of paying the fine for a past debt that they had absolutely no part in.
Secondly, who was this General De La Rey? How did he suffer? Can he come to lead Afrikaners with a yearning for a leader, out of the post-apartheid desert? Can he be a role model?
Let’s take a look at some aspects of De la Rey’s role in the Anglo-Boer War. At a secret meeting of the Volksraad on the eve of the Anglo-Boer War, De la Rey was one of six members who voted against the war. When President Kruger, during a preceding debate, called those who were against the war cowards, De la Rey declared that he would let himself be steered by the decision of the majority and said: “You will find me on the field after you and all the
rest of the caboodle, who fight with their mouths, have long fled.” And De la Rey did indeed fight to the bitter end.
In November 1899 the 42-year-old De la Rey found himself as Combat General and official advisor to the commander, General Piet Cronjé, at the western front, where the burghers were involved in the siege of Kimberley.
De la Rey, with his military genius, aptitude and instinct for military positioning, had designed a new strategy against a massive attack by Lord Methuen, which was expected any day. Piet Cronjé, Senior Commander on the western front, wanted the Boers to take up position in the Magersfontein rante, so that they’d have a good view. To the contrary, De la Rey reckoned that trenches should be dug in the Magersfontein vlaktes, as the rante would be the ideal target for the devastating enemy cannon. De la Rey summoned MT Steyn to the front and the Free State president approved De la Rey’s strategy.
The trenches were therefore dug in the vlaktes and perfectly camouflaged. The British, partly as a result of poor espionage, still believed that the Boers had taken position in the rante and, on 10 December let loose against the rante with the biggest bombardment to date in history. On 11 December the Mountain Scots, under Lieutenant-General Wauchope walked straight into the Boer trenches at break of dawn and were simply mowed down with Mausers. Wauchope paid with his own life for the mistake.
De la Rey, who had made the conquest possible, did not take part in the battle for Magersfontein himself. His 19-year-old son Adriaan had been fatally wounded in the preceding Battle of Modderrivier, and De la Rey had been hit in the shoulder by bomb shrapnel and was having the wound treated.
When the hordes of Brits flooded the republics a joint republican war counsel decided in September 1900 to stop the trench fighting and rather proceed with guerrilla warfare, preferably to operate in areas they are familiar with. De la Rey was appointed Assistant Commander General to lead the commandos in the Western Transvaal. In this capacity De la Rey reorganised the Western Transvaal commandos, motivated burghers and returned, even forcing hundreds of them who had laid down their weapons in discouragement, to the battle.
After the British forces had occupied nearly all of Western Transvaal, De la Rey conducted a brilliant defensive effort during the last months of 1901. De la Rey – the master strategist – ensured that his military information was accurate, waited his chance until he had identified the weak spots in the enemy’s position and movements, called the available commandos together and then attacked like lightning. His knowledge of the Western Transvaan terrain added to the strength of the commando’s position; they usually attacked the enemy from three sides, so that they could not escape.
De la Rey turned his intrepid, fearsome charge tactic into an art, which made him the Cavalry General of the war – also among the British. The cavalry were set up in file, approximately three steps apart, the terrain chosen so that they would remain unseen by the enemy until the last moment and then they charged the panicked British, shooting from the saddle. With this tactic De la Rey dealt the British a shrewd blow in the Battle of Ysterspruit on 25 February 1902.
Lord Methuen, commander-in-chief of the British forces, wanted revenge for Ysterspruit. On 6 March, 1902, he pitched camp at Tweebosch with a mixed force of 1 300 men, on their way to Rooirantjiesfontein, 40km to the southwest of Lichtenburg, where he would join Kerewich’s mounted force of 1 500 men, with the aim of making De la Rey eat humble pie.
Methuen’s forces moved out at about 3am on 7 March, in two convoys: infantry and ox-wagons first, followed by the main, mounted force of cavalry and mule-wagons. The commandos under De la Rey consisted of about 750 mounted burghers. General Van Zyl and his commandos periodically attacked the convoys from behind, while De la Rey lay in wait for them. De la Rey, up to date with Methuen’s movements, set up his burghers in file. They went on leisurely. When they came over the hill at Palmietfontein, they saw Methuen’s forces and received the order to charge.
The Boer riflemen mowed down a panicked enemy. When they charged into Metheun’s mounted force, the latter took to their heels. Tweebosch was the crown of De la Rey’s spectacular victories.
Four British officers and 64 men were killed and 111 were wounded. The number of prisoners-of-war, including the wounded, was 859. Among the massive loot of wagons, carts, oxen, horses and mules were six cannons with ammunition, one of which had already been used at the Battle of Tweebosch to force the surrender of a number of British, who were guarding the cattle pens with their lives.
On the side of the Boers, eight were killed and 26 wounded. In all the battles that De la Rey won, the British losses massively outnumbered that of the Boers, in spite of the fact that the Boers were wide open when they charged.
De la Rey found Lord Methuen at a mule-wagon, wounded in the upper leg. Reverend JF Naudé, father of Beyers Naudé, acted as interpreter, while the two generals teasingly engaged in a battle of wits. Afterwards Dr Rennenkampf, from the Boer Ambulance, and Methuen’s personal doctor treated his wounds. Nonnie de la Rey, General Koos’s wife who, by travelling around, stayed out of the grasp of the British during the war, visited Methuen, and listened to his poor excuse for the burning of her farmhouse:
De la Rey could have hidden there or used it as a
fort. In spite of the suffering she and other women were subjected to through Methuen’s actions,
Nonnie sent him a loaf of baked bread and a slaughtered chicken.
De la Rey treated him with the same surprising humanity. The Boers wanted him kept prisoner and to stand trial, but De la Rey convinced them that the general was to be sent in his own wagon, accompanied by his own doctor, to Klerksdorp, where he could receive the best treatment.
Tweebosch led to a lifelong friendship between Methuen and De la Rey. De la Rey himself never carried a rifle, but his sjambok –  used for burghers who deliberately lagged behind in the trenches – was much respected. De la Rey was a big, powerful man – over six feet tall, with an awe-inspiring, patriarchal appearance. Friend and foe – even the great Boer enemy Lord Milner – paid homage to his bravery, his military genius, his humanity and honour.
Among the burghers, who practically worshipped him and risked their lives for him, De la Rey became known as the Lion of Western Transvaal. His great modesty and humility were obvious and his deep faith added to the special place that religion held in the commandos under his leadership. When Koos de la Rey realised that the bitter end had come, he came to the fore as peacemaker, helped to convince his great friend General De Wet not to continue fighting without the Transvalers and did his part, also as politician, to reconcile Boers and British with one another after the war.
De la Rey, De la Rey
Sal jy die Boere kom lei?
Yes, a man with such qualities would be able to lead the Boers, and anyone else!

Be Sociable, Share!