DK
DKW

Hoofartikel

Kuier

Kuns & Kultuur

TV

Tuisblad » Wyn

Biltong en wyn

op 22.05.12Geen Kommentaar

Die jaarlikse Stellenbosch Hills Biltongmaker van die Jaar-kompetisie is tans oop vir inskrywings. Gryp ’n bottel Stellenbosch Hills Shiraz 2007 en swaai jou towerstaf voor inskrywings aan die einde van Augustus sluit. Vanjaar se kompetisie is veel groter as vorige jare en deelnemers kan enige vleis vir hul inskrywings gebruik  saam met die Stellenbosch Hills Shiraz 2007. Pryse van R60 000 is op die spel.

Beoordeling vind vroeg in September plaas waarna die eerste drie plekke aangewys sal word. Voornemende deelnemers vir hierdie stryd in die soektog na die beste biltong kan inskrywingspakke teen R150 bestel. Dit sluit ’n bottel Stellenbosch Hills Shiraz 2007,’n Freddy Hirsch-speserypak asook afleweringskoste in. Besoek www.stellenbosch-hills.co.za.

Doorkeeper Shiraz uitgereik

Hartenberg-landgoed, een van Suid-Afrika se voorste en oudste produsente van shiraz geleë in die hartjie van Stellenbosch se wynlande, het pas ’n splinternuwe shiraz, die Doorkeeper 2010, by sy bekroonde shiraz-stamboom gevoeg.

“Ons Doorkeeper Shiraz versinnebeeld Hartenberg se shiraz in ’n jonger, moderne en meer treffende styl. Die wyn is bedoel om die pragtige en opvallende vrugte-aromas en -geure van dié druifsoort ten toon te stel,” sê wynmaker Carl Schultz.

Hierdie diep, swart-rooi wyn bederf die neus met ryk, gekonsentreerde spesery-, sjokolade- en viooltjiearomas en het ’n ryk, maar subtiele smaak wat geroosterde koffie- en vanieljegeure onthul en lank op die tong talm. Met die sagte, ryp tanniene wat genoegsame struktuur aan die wyn verleen kan hierdie wyn foutloos met geurige wildsvleis-, lam- en beesvleisgeregte geniet word. R70 per bottel.

ʼn Slag met sampioene

’n Onlangse sampioene-jag – ná goeie reën gevolg deur sonskyn by Neethlingshof buite Stellenbosch – het eekhoringbrood Boletus edulis, ook bekend as porcino of cep), smaaklike melkswamme (Lactarius deliciosus of pine rings) en veldsampioene (Agaricus campestris) opgelewer. Vir wynmaker De Wet Viljoen is hierdie sampioene en sy wyne ’n wenkombinasie. Hy braai soms sy sampioene in botter en olie, en elke nou en dan maak hy hulle selfs oor die kole gaar.

“Die sampioene met ’n sagter smaak pas goed by wit wyn, soos ons 2012 Neethlingshof Sauvignon Blanc, ongehoute chardonnay en gewürztraminer. Die sterker eekhoringbrood smaak heerlik saam met rooiwyn soos die 2010 Neethlingshof Short Story Collection The Owl Post Pinotage.”

Wyn en woorde

Norman McFarlane het die vierde jaarlikse Suid-Afrikaanse Wynskrywers-prys gewen met ’n artikel wat verskyn het in Wine getiteld, “Old Vines: Age does matter”. Norman het prysgeld van R25 000 gewen asook ’n kunswerk geskenk deur die gevierde Suid-Afrikaanse kunstenaar, Denby Meyer. Ná ’n loopbaan van 30 jaar in inligtingstegnologie het hy sy lewe toe verruil van een van wyn en woorde. Hy skryf tans vir Bolander Lifestyle & Property, Classic Wine en wine.co.za.

Hoopenburg se nuutste wyne

Hoopenburg Wines het pas nuwe oesjaarwyne regoor al drie sy wynreekse bekend gestel, van die Integer-etiket aan die bopunt tot die Hoopenburg-landgoedreeks en die gemaklike The Guru-wyne. Die plaas, wat deur die Schmitz-familie van Duitsland besit word, is uitsonderlik in die sin dat dit die enigste wynplaas in Suid-Afrika is waarvan al die wingerde uit bosstokke bestaan.

Die Hoopenburg-span glo in die beginsels van omgewingsvriendelike boerderypraktyke en het die chardonnay- en shiraz-wingerde omskep in organiese blokke, terwyl op die res van die plaas geboer word volgens Suid-Afrika se Geïntegreerde Produksie van Wyn-skema (IPW).

Die Integer Chardonnay 2009 is ’n ryk, uitlokkende en elegante wyn met ’n benydenswaardige stamboom. Die druiwe vir hierdie chardonnay kom van een van die oudste chardonnay-wingerde op die plaas af. Die wyn is ryk aan geure, kompleks en het ongelooflike lengte. Op neus is daar aromas van vars suurlemoen en sitrusbloeisels, asook sweempies neutmuskaat en amandels en ’n titsel lemmetjie. In die mond word die ryk, botterige smaak gebalanseer deur ’n fris sitroensuur en goed geïntegreerde eikehout. R90.

Die Hoopenburg Pinot Noir 2009 word gemaak uit ’n blok van drie hektaar langs die kelder wat bestaan uit 14 jaar oue bosstokke. Dis ’n klassieke wyn met pruim- en moerbeigeure en ’n sweempie plantmateriaal, suggesties van vanielje, speserye en peper. R95.

The Guru Merlot 2008 is ’n toeganklike, ongekompliseerde reeks wyne. Die verpakking is modern en kenmerkend met ’n hele rits het-jy-geweet-inligting op die agterste etiket. Vind

aromas van pruimedante en swart olywe. R39.

Be Sociable, Share!